Hallo, ek is Niki :)


Ek is 'n fotograaf geleë in George in die Suid-Kaap. As 'n ma van drie seuns, is my gunsteling tydverdryf om kinders en hulle interaksie met hulle boeties en sussies vas te vang. Ek neem ook families, troeteldiere en spesiale geleenthede af.


Oor naweke neem ek videos van troues wat ek dan in 'n hoogtepunt video saamsnoer op 2 of 3 van jou gunsteling liedjies.


'n Ander been van Verbeel Jou Studio is grafiese ontwerp, van uitnodigings tot logos en deesdae "desktop wallpapers".


Met die groot semigrasie Kaap toe het dit vir my die geleentheid geskep om ook huise te begin vaslê op kamera. Dit is waar die The Garden Route Interior Photographer toe nou onstaan het, 'n produk van Verbeel Jou Studio.

Niki Hagedoorn is the Garden Route Interior & Real Estate Photographer based in George, the Garden Route, Western Cape

Volg my op Instagram


@verbeeljou